Keto Lifestyle: maklik - Hendrik Marais

Keto Lifestyle: maklik

(Autor)

Buch | Softcover
208 Seiten
2024
Penguin Books (South Africa) (Verlag)
978-1-4859-0153-2 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
Keto Lifestyle: maklik is presies dit: ’n Gids vir die implementering van ’n ketogeniese dieet en periodieke vas – met maaltydplanne wat eenvoudig is om te volg – wat sinvol asook begroting- en beurtkragvriendelik is, en met al die truuks om tyd te bespaar.
Die ketodieet is lankal bekend; miskien het jy daarvan gehoor maar verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien het jy dit getoets maar is oorweldig deur ’n oorvloed dikwels teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Ontspan, dis nie jou skuld nie.Of die leefstyl nou vir jou splinternuut is of dalk volg jy dit al noukeurig en het jy nuwe inspirasie nodig, hierdie boek het iets vir almal. Ná die wegholsukses van sy eerste boek, Living the Ultimate Keto Lifestyle (2022), wil Hendrik Marais die ketogeniese leefstyl aan selfs meer mense bekendstel terwyl hy aanhangers terselfdertyd ’n vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en ’n volledige stel maklike en smaaklike resepte wil bied.Keto Lifestyle: maklik is ’n gids vir die implementering van ’n ketogeniese dieet met periodieke vas (opsioneel). Dit sluit in vier maaltydplanne (twee is standaard en twee verg spesifieke voorbereiding) met meer as 66 resepte wat eenvoudig is om te volg, sinvol is, wat sowel begroting- as beurtkragvriendelik is en jou tyd sal spaar. Jy sal mal wees oor die geurige, tradisioneel Suid-Afrikaanse resepte wat ook ’n ketovriendelike vermaaklikheidspyskaart insluit om jou vriende te onthaal en goeie tye op ’n gesonde en bekostigbare manier met hulle te deel. Maar daar’s soveel meer: inligting oor voedingswaarde, raad oor oefening en maniere om jou motivering te handhaaf. Die belangrikste is egter hoe om ’n lewenstyl te kweek wat nie net gewigsverlies op die kort termyn ondersteun nie, maar ook die gewig vir jare lank onder beheer sal hou – iets waarmee die meeste mense desperaat worstel.Die boodskap van hierdie boek is maklik: ’n Ketogeniese dieet hoef nie ingewikkeld, duur of tydrowend te wees nie.

Hendrik Marais, entrepreneur, sportentoesias en voormalige prokureur vir die verdediging in strafregtelike sake, het tienduisende mense aangemoedig om gewig te verloor en met die Keto Lifestyle ’n gesonder lewe te begin. Hy het dit in 2017 gevestig in reaksie op sy eie reis deur gewigsverlies. Sedertdien het dit een van sy belangrikste lewensprojekte geword en het dit hom in staat gestel om sy kennis en ervaring te deel om ander mense te motiveer en aan te spoor om gewig te verloor sodat hulle hul kwessies oor liggaamsbeeld en negatiewe verhoudings met kos kon oplos. Sy liefde vir navorsing, leeswerk oor dissiplines heen en ’n obsessiewe soeke na die heel beste oplossing vir sy gesondheidsprobleme het hom gelei om die ketogeniese dieet, periodieke vas en ’n handvol eenvoudige dog doeltreffende gewoontes en tegnieke vir vetverlies toe te pas.

Erscheinungsdatum
Verlagsort Parklands
Sprache Afrikaans
Themenwelt Sachbuch/Ratgeber Gesundheit / Leben / Psychologie Ernährung / Diät / Fasten
ISBN-10 1-4859-0153-7 / 1485901537
ISBN-13 978-1-4859-0153-2 / 9781485901532
Zustand Neuware
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
Das praxisorientierte Handbuch

von Nestlé Deutschland AG

Buch | Softcover (2022)
Umschau Zeitschriftenverlag
24,95