Jan Braai Junior - Jan Braai

Jan Braai Junior

(Autor)

Buch | Softcover
64 Seiten
2023
Penguin Books (South Africa) (Verlag)
978-1-4859-0031-3 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
Jan Braai Junior is ’n boek vir die volgende geslag braaiers in Suid-Afrika. Gevul met Jan Braai se heel beste braairesepte en vereenvoudig deur maklik-om-te-volg, stap-vir-stap instruksies, kan kinders en die hele gesin Jan Braai Junior geniet. Hierdie gebruikersvriendelike boek dek al die grondliggende braaikennis wat elke Suid-Afrikaner behoort te hê, met basiese toerusting en bekostigbare bestanddele. En met Jan Braai se wenke en raad sal Jan Braai Junior jou die eerste treë laat gee om die res van jou lewe soos ’n kampioen te braai!

Vir die afgelope 18 jaar vind Nasionale Braaidag plaas op inisiatief van Jan Braai, gemik daarop om al 60 miljoen Suid-Afrikaners op 24 September rondom braaivure saam te bring. In hierdie tyd het Jan twee MBA’s verwerf: sy meestersgraad in besigheidsadministrasie aan die Universiteit van Kaapstad en sy meestersgraad in braai-aktiwiteite aan die Universiteit van die Lewe. Die New York Times het Nasionale Braaidag as “een van die mees belangrike kulturele feesvierings in die wêreld” bestempel. Elke jaar neem ongeveer 15–20 miljoen Suid-Afrikaners deel aan feesvieringe op Nasionale Braaidag en dit groei steeds. Jan Braai is die skrywer van ses topverkoperboeke oor die onderwerp van braai, en die boeke is in verskeie tale vertaal en internasionaal gepubliseer. Hy is die aanbieder van die hoogaangeskrewe televisieprogram Jan Braai vir Erfenis op DStv Kyknet en Showmax. Dié program is tans in sy twaalfde seisoen. Hy is ’n aktiewe sportman en wanneer hy nie by ’n braaivuur is nie bring hy sy tyd om deur fiets te ry, te roei of te hardloop. Huisgenoot-tydskrif beskryf hom as “net die soort man wat jy by jou braai wil hê”.

Erscheinungsdatum
Verlagsort Parklands
Sprache Afrikaans
Themenwelt Sachbuch/Ratgeber Essen / Trinken Länderküchen
Sachbuch/Ratgeber Essen / Trinken Themenkochbücher
ISBN-10 1-4859-0031-X / 148590031X
ISBN-13 978-1-4859-0031-3 / 9781485900313
Zustand Neuware
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
Rezepte für jeden Tag

von Sissi Chen; Claudia Gödke

Buch | Hardcover (2024)
DuMont Buchverlag
32,00
70 traditionelle und moderne Rezepte

von Cettina Vicenzino

Buch | Hardcover (2024)
DK Verlag Dorling Kindersley
29,95