Wreed en Mooi is die Dood - Tobie Wiese

Wreed en Mooi is die Dood

Verhale Oor Verlies, Hunkering en Heling

(Autor)

Buch | Softcover
264 Seiten
2019
Jonathan Ball Publishers SA (Verlag)
978-1-86842-943-1 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
Al is die dood ’n feit soos ’n koei, vermy die meeste van ons dit om daaroor te dink of te praat. Hierdie boek probeer om dié stilte te verbreek. In Wreed én mooi is die dood deel bekende Afrikaanse skrywers hulle verhale oor verlies en heling.

Dit bied insig in hoe om die trauma van ’n geliefde se dood te hanteer en jou eie sterflikheid te konfronteer. Só skryf Marita van der Vyver roerend oor haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy aanvanklik lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach vertel hoe sy vrou se sterwe hom tot selfkennis gelei het.

’n Jong paramedikus berig oor sy gereelde ontmoetings met die dood en ’n sterwensbegeleier vertel hoe dit moontlik is om hierdie wêreld blymoedig te verlaat. Daar is selfs ’n bietjie humor . . . soos die storie oor die jong dominee wat in ’n leë graf beland het en Annelie Botes se lang lys voorskrifte vir haar begrafnis. Die dood is wreed ja, maar dit kan – verrassend genoeg ? ook mooi wees.

TOBIE WIESE is skrywer, medeskrywer en samesteller van etlike boeke oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe van geskiedenis en motorfietsry tot spioenasie. Dit sluit in die topverkoper Geheime Revolusie, asook Vreedsame Revolusie (geskryf namens Niël Barnard), Die Bike-boek (samesteller) en Die verhaal van Elandskloof. In sy lang loopbaan as joernalis het Tobie in verskillende hoedanighede by Volksblad, Die Burger, Huisgenoot (nuusredakteur) en Insig (adjunkredakteur) gewerk. Hy is al met Pica - en Mondi-toekennings bekroon vir sy skryfwerk. Tobie het ook by die Departement Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch klasgegee.

Erscheinungsdatum
Verlagsort Johannesburg
Sprache englisch
Maße 152 x 233 mm
Gewicht 500 g
Themenwelt Literatur Biografien / Erfahrungsberichte
Literatur Comic / Humor / Manga
Sachbuch/Ratgeber Gesundheit / Leben / Psychologie Psychologie
Geisteswissenschaften Psychologie Trennung / Trauer
ISBN-10 1-86842-943-1 / 1868429431
ISBN-13 978-1-86842-943-1 / 9781868429431
Zustand Neuware
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
mental gesund und stark in herausfordernden Zeiten

von Volker Busch

Buch | Hardcover (2024)
Droemer (Verlag)
20,00
der Leitfaden für die Praxis der Akzeptanz- und Commitment-Therapie

von Russ Harris

Buch (2023)
Arbor (Verlag)
42,00