Padlangs deur Suid-Afrika - Pat Hopkins, Willie Olivier, Denise Slabbert, Jean du Plessis

Padlangs deur Suid-Afrika

'n Streek-vir-streek-reisgids
Buch
256 Seiten
2010
Struik Travel & Heritage (Verlag)
978-1-77007-751-5 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel ist leider vergriffen;
    keine Neuauflage
  • Artikel merken
Padlangs deur Suid-Afrika: 'n Streek-vir-Streek-Reisgids is meer as net 'n reisgids; dit is 'n omvattende handboek van die land wat insig gee in die talle nasionale skatte wat oral in Suid-Afrika aangetref word - van dinamiese stede tot bekoorlike plattelandse dorpe en gehuggies met 'n ryke geskiedenis. Hierdie boek is die ideale reisgenoot: dit verskaf goeie advies oor die beste roetes en bevat alles wat vakansiegangers moet weet wanneer hulle hul volgende vakansie beplan. Volkleurfoto's en 'n interessante kombinasie van sypanele sal reisigers inspireer om die teer- en gruispaaie van Suid-Afrika aan te durf en die talle interessante hoekies en gaatjies van ons besonder diverse land te verken. Elke hoofstuk gee 'n oorsig van 'n streek se klimaat, flora en fauna, en geskiedenis en erfenis, en vestig die aandag op die belangrikste plekke. Idees vir wat om op elke plek te doen word in hooftrekke beskryf, en so ook die belangrikste aktiwiteite, roetes en voetslaanpaaie. Daar is iets vir almal - van warmlugballonvlugte tot witwatervlotvaart, 4x4-roetes tot wandelings in die platteland, spelonkery tot museumbesoeke, en feeste tot argitektuur.
Spesiaal aangepaste volkleurkaarte in elk van die 29 hoofstukke toon nasionale, sekondere en grondpaaie, tolpaaie, passe, wildreservate, nasionale parke en natuurreservate, asook plekke van belang om jou te help om jou reis te beplan. 'n Afsonderlike 46-bladsy-padgids en 12 stadsplanne voltooi die nuttige kartografiese seksie.

Pat Hopkins is 'n bekroonde reisjoernalis en skrywer van meer as 18 boeke. Willie Olivier is die skrywer van talle reisboeke, waaronder African Adventurer's Guide to Mozambique en Hiking Trails of South Africa. Denise Slabbert is 'n reisskrywer en gereelde bydraer tot die Suid-Afrikaanse Toerisme-webwerf. Jean du Plessis het verskeie boeke gepubliseer, waaronder die gevierde Namibia: A Visual Celebration.

Erscheint lt. Verlag 10.5.2010
Zusatzinfo 297 volkleurfoto’s; 36 volkleur-hoofstukkaarte; 46-bladsy-volkleurpadgids
Sprache Afrikaans
Maße 210 x 297 mm
Gewicht 1220 g
Themenwelt Reiseführer Afrika Südafrika
ISBN-10 1-77007-751-0 / 1770077510
ISBN-13 978-1-77007-751-5 / 9781770077515
Zustand Neuware
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
Reisen mit Insider-Tipps

von Dagmar Schumacher; Markus Schönherr

Buch | Softcover (2023)
MAIRDUMONT (Verlag)
15,95
Kapstadt, Garden Route & Winelands

von Elke Losskarn

Buch | Softcover (2024)
Reise-Know-How Verlag
21,90