Padlangs Deur Suid-Afrika -  Pat Hopkins

Padlangs Deur Suid-Afrika (eBook)

'n Streek-vir-streek-reisgids

(Autor)

eBook Download: EPUB
2012
210 Seiten
Penguin Random House South Africa (Verlag)
978-1-920545-64-2 (ISBN)
Systemvoraussetzungen
12,06 inkl. MwSt
  • Download sofort lieferbar
  • Zahlungsarten anzeigen
Ervare reisigers weet dat die reis die helfte van die ervaring is. Dit is in dié gees dat Padlangs deur Suid-Afrika insig gee in die talle nasionale skatte wat oral in ons land aangetref word – van dinamiese stede tot bekoorlike plattelandse dorpe en gehuggies met ’n ryke geskiedenis. Padlangs deur Suid-Afrika: ’n streek-vir-streek-reisgids is meer as net ’n reisgids; dit is ’n omvattende handboek van die land.Hierdie boek is die ideale reisgenoot: Dit verskaf goeie advies oor die beste roetes en bevat alles wat vakansiegangers moet weet wanneer hulle hul volgende vakansie beplan. Pragtige volkleurfoto’s en ’n interessante kombinasie van sypanele sal reisigers aanspoor om die menige teer- en gruispaaie van Suid-Afrika aan te durf en die talle interessante hoekies en gaatjies van ons besonder diverse land te verken.Elke hoofstuk gee ’n oorsig van ’n streek se klimaat, flora en fauna, en geskiedenis en erfenis, en vestig die aandag op die belangrikste plekke. Idees vir wat om op elke plek te doen, word in hooftrekke beskryf, sowel as die belangrikste aktiwiteite, roetes en voetslaanpaaie. Daar is iets vir almal – van warmlugballonvlugte tot witwatervlotvaarte, 4x4-roetes tot wandelings in die platteland, spelonkery tot museumbesoeke, en feeste tot argitektuur.Spesiaal aangepaste volkleurkaarte in elke hoofstuk sluit wildreservate, nasionale parke, natuurreservate, warm bronne en plekke van belang in en dui tolpaaie en passe asook nasionale, sekondêre en grondpaaie aan om jou te help om jou reis te beplan. Hierdie kontemporêre en handige gids is uitstekende waarde vir geld en behoort jou eerste aankoop te wees as voorbereiding vir enige reis in en om Suid-Afrika. Laat dus jou motor se bande nagaan en pak die padkos in, want ’n fassinerende land wag om verken te word.Pat Hopkins het ’n graad in geskiedenis en politieke wetenskap aan die voormalige Universiteit van Natal, nou die Universiteit van KwaZulu-Natal, verwerf. Hy was ’n bekroonde reisjoernalis en skrywer van meer as 18 boeke, met inbegrip van Place: A Collection of South African Travel and Landscape Quotations, 101 Beloved Bars of Southern Africa en Voëlvry: The Movement that Rocked South Africa. Al dié boeke is deur Zebra Press uitgegee. Willie Olivier het Suider-Afrika die afgelope 30 jaar deurreis en duisende kilometers te voet en per motor afgelê. Hy is die skrywer van talle reisboeke, waaronder African Adventurer’s Guide to Mozambique en Hiking Trails of South Africa. Al hierdie boeke is by Random House Struik verkrygbaar. Hy woon in Windhoek.Denise Slabbert is ’n televisievervaardiger en reisskrywer wat in Johannesburg woon. Sy bestuur haar eie produksiemaatskappy, skryf vir ’n aantal tydskrifte en koerante en is ’n gereelde bydraer tot die Suid-Afrikaanse Toerisme-webwerf. Sy is die skrywer van vier boeke, met inbegrip van Random House Struik se South Africa Through the Seasons en Offbeat South Africa.As voorbereiding vir Padlangs deur Suid-Afrika: ’n streek-vir-streek-reisgids het die bekroonde fotograaf Jéan du Plessis die land platgereis en manjifieke foto’s vir die boek geneem. Hy woon in Kaapstad en het 30 jaar lank by Die Burger gewerk voordat hy met ’n vryskutloopbaan begin het. Hy het verskeie boeke by Random House Struik gepubliseer, waaronder die gevierde Namibia: A Visual Celebration.
Erscheint lt. Verlag 20.9.2012
Sprache Afrikaans
ISBN-10 1-920545-64-6 / 1920545646
ISBN-13 978-1-920545-64-2 / 9781920545642
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
EPUBEPUB (Adobe DRM)

Kopierschutz: Adobe-DRM
Adobe-DRM ist ein Kopierschutz, der das eBook vor Mißbrauch schützen soll. Dabei wird das eBook bereits beim Download auf Ihre persönliche Adobe-ID autorisiert. Lesen können Sie das eBook dann nur auf den Geräten, welche ebenfalls auf Ihre Adobe-ID registriert sind.
Details zum Adobe-DRM

Dateiformat: EPUB (Electronic Publication)
EPUB ist ein offener Standard für eBooks und eignet sich besonders zur Darstellung von Belle­tristik und Sach­büchern. Der Fließ­text wird dynamisch an die Display- und Schrift­größe ange­passt. Auch für mobile Lese­geräte ist EPUB daher gut geeignet.

Systemvoraussetzungen:
PC/Mac: Mit einem PC oder Mac können Sie dieses eBook lesen. Sie benötigen eine Adobe-ID und die Software Adobe Digital Editions (kostenlos). Von der Benutzung der OverDrive Media Console raten wir Ihnen ab. Erfahrungsgemäß treten hier gehäuft Probleme mit dem Adobe DRM auf.
eReader: Dieses eBook kann mit (fast) allen eBook-Readern gelesen werden. Mit dem amazon-Kindle ist es aber nicht kompatibel.
Smartphone/Tablet: Egal ob Apple oder Android, dieses eBook können Sie lesen. Sie benötigen eine Adobe-ID sowie eine kostenlose App.
Geräteliste und zusätzliche Hinweise

Buying eBooks from abroad
For tax law reasons we can sell eBooks just within Germany and Switzerland. Regrettably we cannot fulfill eBook-orders from other countries.