Hierdie ma-en-dogterspan, skrywers van Tydlose Eenskotteltreffers, maak met die tweede uitgawe van die alles-in-een dagbeplanner en resepteboek dit vir jou moontlik om sonder moeite elke dag 'n hoofmaal op die tafel te sit. Dit bevat al die nodige elemente sodat jy meer georganiseerd as ooit kan wees - al die noukeurige beplanning is weer vir jou gedoen! Basiese inhoud soos vir enige dagbeplanner (skoolvakansies, vakansiedae ens.) Omskakeltabelle en kosspesifieke inhoud. Hoofmaal-idees vir elke dag van die jaar. Wenke vir toebroodjies en kruiegebruike. Varsproduktelys vir daaglikse hoofmaal. Meer as 150 resepte vir hoofmaaldisse (met verwysings by spyskaarte). Vormgesnyde verdelers vir elke maand met 'n kleurfoto van een van die smullekker disse. Volledige inkopielys vir elke maand - maklik om saam te neem winkel toe.
Christelle Erasmus is die skrywer van verskeie gewilde resepteboeke wat gereeld bo-aan blitsverkoperlyste pryk. Sy bly in die skilderagtige Riebeek Kasteel, en besit die La Montagne-gastehuis wat sy self bestuur. Alana van den Berg is 'n gekwalifiseerde sjef wat haar vaardighede by verskeie restaurante verfyn het. Sy werk tans vir 'n bekende verskaffer van industriele kombuistoerusting in Kaapstad.
Erscheint lt. Verlag | 20.9.2011 |
---|---|
Verlagsort | Bellville |
Sprache | englisch |
Maße | 148 x 210 mm |
Gewicht | 600 g |
Themenwelt | Sachbuch/Ratgeber ► Essen / Trinken ► Grundkochbücher |
Sonstiges ► Geschenkbücher | |
ISBN-10 | 1-920479-11-2 / 1920479112 |
ISBN-13 | 978-1-920479-11-4 / 9781920479114 |
Zustand | Neuware |
Haben Sie eine Frage zum Produkt? |