Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek - Heléne Booyens

Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek

(Autor)

Buch | Softcover
64 Seiten
2024
Struik Nature (Verlag)
978-1-77584-893-6 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
Hierdie prettige aktiwiteitsboek is propvol speletjies, blokraaisels, doolhowe en kopkrappers oor Afrika se soogdiere, asook interessante het-jy-geweet-brokkies. Meer as 70 verskillende spesies pryk op die blaaie: van die yslike olifant tot die kleine duinmol. Dié kleurvolle, aangrypende boek is ideaal vir kinders tussen ses en nege. Dit tref ’n goeie balans tussen eenvoudige aktiwiteite, soos ‘vind die pad deur die doolhof’ en ‘soek die verskille’, en meer uitdagende kopkrappers. Soos kinders lees en leer oor Afrika se diere, kan hulle taaier raaisels oplos: watter welpie behoort aan die luiperd en watter aan die jagluiperd? Is hierdie bok ’n ram of ’n ooi? Kan jy die sterte by die regte koppe pas? Hierdie aktiwiteite vuur jong natuurliefhebber se verbeelding aan en verskaf ure se vermaak. Die Soogdier-Safari Aktiwiteitsboek vat kinders op ’n avontuur deur Afrika se wildernis – of hulle dit nou saamdra op safari, of tuis in hul eie den geniet. Verkoopspunte: Prettige aktiwiteitsboek wat liefde vir die natuur aanwakker. Afrika-tema; van toepassing op suider- en Oos-Afrika. Gepak met kopkrappers en interessante feite. Treffende ontwerp met ±300 foto’s van wilde diere in aksie. Bekostigbare prys.

Heléne Booyens het honneursgrade in Bewaringsekologie en Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is ’n senior redakteur by Penguin Random House Suid-Afrika, en ’n voormalige landbou- en omgewingsjoernalis.

Erscheinungsdatum
Sprache Afrikaans
Maße 215 x 280 mm
Gewicht 210 g
Themenwelt Sachbuch/Ratgeber Freizeit / Hobby Spielen / Raten
Kinder- / Jugendbuch Sachbücher Tiere / Pflanzen / Natur
ISBN-10 1-77584-893-0 / 1775848930
ISBN-13 978-1-77584-893-6 / 9781775848936
Zustand Neuware
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich