ALEITAPTEIT - Aleit Swanepoel

ALEITAPTEIT

’n Kookboek gevul met resepte en stories uit die pen van die geliefde Aleit Swanepoel

(Autor)

Buch | Softcover
160 Seiten
2022
Lapa Publishers (Verlag)
978-1-4323-1158-2 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
AleitApteit is ’n boek gevul met stories van die geliefde Aleit Swanepoel. Kom reis en kook saam met hom met ongeveer 50 resepte uit sy pen. Dit is ’n hoofstuk van sy nalatenskap en ’n manier waarop hy vir altyd in mense se hart, kombuis en lewe kan voortleef.
AleitApteit is ’n boek gevul met stories van die geliefde Aleit Swanepoel. Kom reis en kook saam met hom met ongeveer 50 resepte uit sy pen.Die Sondagaand voor Aleit se afsterwe was hy volstoom aan die gang, besig om onder meer sy alombekende lamsboud gaar te maak. Die bestanddele is gekoop en die span was reg vir ’n week van kosmaak. Kom beleef saam die nostalgie, sy spesiale menswees en die heerlike kos wat hy nie net smullekker kon maak nie, maar ook mooi kon laat lyk: die ‘Aleit-Way’. Deel sy hartskos – veral sy Sondagmiddagetes in sy ouerhuis, net soos sy ma dit gemaak het. Dit was spesiaal vir hom, en hy wou dit graag oordra en met sy mense deel. Hy het aande gesit en skryf, en dit dan baie opgewonde aan sy span gestuur en gesê: “Julle! Ek het nog ’n storie!!”AleitApteit is ’n hoofstuk van sy nalatenskap en ’n manier waarop hy vir altyd in mense se hart, kombuis en lewe kan voortleef. Dit is ’n pragkookboek, maar ook een wat deel van jou kombuis se bestanddele moet uitmaak – gevul met bekende hartskos en bypassende stories geskryf deur ’n legende.

Aleit Swanepoel het in Worcester grootgeword waar die verskillende reuke en geure van sy ma se Sondagmiddagetes in sy ouerhuis hom altyd geïnteresseer het. Nadat hy naam gemaak het as een van Suid-Afrika se voorste beplanners van glansgeleenthede, het hy sy eerste leefstylprogram op KykNET, Tyd met Aleit, van stapel gestuur. Dit was van die eerste episode af ’n groot sukses – en kort voor sy afsterwe het hy klaar geskiet aan die sewende seisoen. Saam met die glans was Aleit lief vir kos en lief vir geure. Hy het bekendes van regoor die land onthaal en sy oog vir kleiner detail was ongelooflik. Sy kennis en filosofieë word deur sy skool, die Aleit Academy, voortgesit.

Erscheinungsdatum
Verlagsort Pretoria
Sprache Afrikaans
Themenwelt Sachbuch/Ratgeber Essen / Trinken
ISBN-10 1-4323-1158-1 / 1432311581
ISBN-13 978-1-4323-1158-2 / 9781432311582
Zustand Neuware
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich