My Stasie Straat Kombuis - Mynhardt Joubert

My Stasie Straat Kombuis

Buch | Softcover
176 Seiten
2022
Penguin Books (South Africa) (Verlag)
978-1-4859-0083-2 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
Sjef Mynhardt Joubert maak al die afgelope vyf jaar kos in sy Stasie Street Kitchen in die Paarl in die Wes-Kaap waar hy etes vir betalende gaste aanbied, as gasheer vir mediabekendstellings optree en sy huis as kreatiewe ruimte en foto-ateljee inspan. Stories uit My Stasie Straat Kombuis is ’n weerspieëling van sy kombuis en die etes wat hy daar voorsit. Mynhardt vermeng alles wat hy doen met sy geesdrif, lewenslus en liefde vir kos wat gespruit het uit sy lewenservarings, van sy kinderjare op ’n plaas in die Oos-Vrystaat tot sy reise oor die wêreld heen en deur Suid-Afrika. Lesers (en tuiskokke) word deur toeganklike resepte deel van hierdie ervarings. Sluit by hom aan in die ruimhartige en warm omgewing van sy Stasie Street Kitchen en skep jou eie verruklike kookkuns, gemaak met joie de vivre en armsvol liefde.

Sjef Mynhardt het meer as ’n dekade gelede in die Kaap aangekom en ná ’n mengelmoes van beroepe in die kunste het ’n hele wêreld van kos en wyn voor hom begin oopgaan en het hy verlief daarop geraak. Nadat hy tyd as bestuurder van restaurante in Kaapstad deurgebring het, het sy pad gelei na Riebeek-Kasteel, waar hy sy vrou, Cecile, ontmoet het. Dit was hul droom om ’n plattelandse wynkroeg en eetplek te vestig, en só is Bar Bar Black Sheep gebore. Vyf jaar later het Mynhardt deelgeneem aan kykNET se werklikheidskookkompetisie Kokkedoor en het die kompetisie gewen. Sjef Mynhardt was vir ’n paar jaar die handelsmerkambassadeur vir die KWV-bemarkingsveldtog en het meegewerk aan ’n wonderlike webwerf: www.mynhardt.co.za, wat tans aanlyn inhoud vir verskeie sosialemediaplatforms en gedrukte media verskaf.

Erscheinungsdatum
Verlagsort Parklands
Sprache Afrikaans
Themenwelt Sachbuch/Ratgeber Essen / Trinken
ISBN-10 1-4859-0083-2 / 1485900832
ISBN-13 978-1-4859-0083-2 / 9781485900832
Zustand Neuware
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich