Saam - Errieda Du Toit

Saam

n eeu van Suid-Afrikaanse gemeenskapsresepte

(Autor)

Buch | Hardcover
192 Seiten
2019
Struik Lifestyle (Verlag)
978-1-4323-0985-5 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
SAAM is die Suid-Afrikaanse huiskoskampioen Errieda du Toit se uitsonderlike kookboek oor kos wat ons die meeste geniet en die kultuur waarmee resepte in gemeenskapsresepteboekies gedeel word. Errieda verdiep haar in 150 boekies wat oor 100 jaar uitgegee is en vorm 'n spesiale band met die resepte op die omkrulblaaie vol kosvlekke uit dié versamelings. In dié eiesoortige resepteboek vier Errieda ons noue verhouding met die nederige gemeenskapsboekies, die invloed daarvan op ons koskultuur en die kenmerkende gees van samewerking. SAAM is 'n genotvolle huldeblyk aan die genre wat in 'n moderne trant en effe tong-in-die-kies inspirasie in ons kosherinneringe vind. Die verskeidenheid resepte is ruimmhartig, gasvry en vol warmte soos die huiskokke wat dit oorspronklik in die boekies gedeel het – die aanhouers (langasem-resepte wat bly oorleef), die flatervryes (epiese staatmakers), kos vir oor-en-weer-kuiers en retrogunstelinge wat ons as erfeniskos koester. Met net die regte balans tussen nostalgie, modernisering van ou resepte en boeiende vertellinge is SAAM dié boek vir huiskokke, kookboekversamelaars en almal wat nuuskierig en entoesiasties is oor Suid-Afrikaanse kos.

Die Kapenaar Errieda du Toit, skrywer van nege kookboeke, is bekend vir haar moderne uitkyk op resepte van gister. Sy glo dat eet iets is om saam met ander te doen en kos op sy lekkerste is as dit gedeel word. Daarom stel sy intens belang in kos se sosiale rol, hoe dit ons nader aan ander mense en onsself bring. Die jare as radiopersoonlikheid, haar kosrubrieke in koerante en tydskrifte, gereelde kospraatjies en televisieoptredes dra ook daartoe by dat Errieda as beskermengel vir Suid-Afrikaanse huiskos bestempel word. As die kos-inhoudsvervaardiger van die Kokkedoor-televisiereekse op KykNET lewer sy 'n groot bydrae om erfeniskos en tafeltradisies op te vars. Die kosstories op haar blog Huiskok voer jou mee na eetervarings van kinderdae en resepte uit vorige geslagte wat vandag nog 'n plek aan tafel het.

Erscheinungsdatum
Sprache Afrikaans
Maße 210 x 250 mm
Themenwelt Sachbuch/Ratgeber Essen / Trinken Grundkochbücher
ISBN-10 1-4323-0985-4 / 1432309854
ISBN-13 978-1-4323-0985-5 / 9781432309855
Zustand Neuware
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
deine Lieblingsrezepte - einfach gemacht!

von Steffen Henssler

Buch | Hardcover (2023)
Gräfe und Unzer (Verlag)
29,90
wie du zu Hause die beste Pizza deines Lebens backst

von Sven Teichmann

Buch | Hardcover (2024)
Becker Joest Volk Verlag
28,00
Das Grundkochbuch Mit QR-Codes zu Videos der wichtigsten …

von Hedwig Maria Stuber

Buch | Hardcover (2021)
BLV ein Imprint von GRÄFE UND UNZER Verlag GmbH
34,00