Italiaanse intermezzi - Andre Pretorius

Italiaanse intermezzi

Reissketse

(Autor)

Buch | Softcover
336 Seiten
2016
Naledi (Verlag)
978-0-928316-25-4 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
In Italiaanse intermezzi bring Andre Pretorius die leser van aangesig tot aangesig met die vele gedaantes van hierdie land vol skoonheid en teenstrydigheid. Hy swig voor die wondere van die menslike gees in Rome en Venesie, maar hy verdwaal ook langs die agterpaadjies van Sicilie en die Abruzzi.
Andre Pretorius is verlei deur Italie toe 'n Romeinse meisie hom in 1992 op 'n warrelwindtoer deur Rome geneem het. Vier jaar later het hy die land deurkruis met 'n universiteitsvriend, 'n rugsak en 'n tweemantent. Sedertien het hy teruggekeer op die spore van komponiste, kunstenaars en selfs Afrikaanse digters. In Italiaanse intermezzi bring hy die leser van aangesig tot aangesig met die vele gedaantes van hierdie land vol skoonheid en teenstrydigheid. Hy swig voor die wondere van die menslike gees in Rome en Venesie, maar hy verdwaal ook langs die agterpaadjies van Sicilie en die Abruzzi. Hy proe smake - balsemiek, Parmaham - uit die hande van die wat hierdie sakramente van lewe vir hulleself gemaak het. Hy bejeen heiliges en pouse eers met verwarring en dan met ontsag vir hul heerskappy van die Italiaanse wese. Oor die jare verander sy reisgenote - van daardie universiteitsvriend tot sy verloofde en uiteindelik sy kleuterseuntjie - en elke keer is sy blik anders. Uiteindelik staan hy saam met die leser verwonder oor 'n aangrypende land met dikwels verrassende eggo's van sy eie Afrikaanse wortels.

Andre Pretorius het sy eerste tree op Marble Hall in Limpopo gegee, maar sedertien ver genoeg geswerf om homself "reisskrywer" te noem. In 'n vorige lewe was hy 'n buitelandse verslaggewer vir Suid-Afrikaanse koerante en radiostasies. Sy twee bundels reissketse, Iets ver en nuut en Eilande en enklaves, is goed ontvang. Hy het oor die laaste twintig jaar in Londen, Brussel en Hongkong gewoon en is tans tuis in Cambridge, Engeland.

Erscheinungsdatum
Verlagsort Tygervalley
Sprache Afrikaans
Maße 137 x 213 mm
Gewicht 448 g
Themenwelt Bildbände Europa Italien
Reiseführer Europa Italien
ISBN-10 0-928316-25-4 / 0928316254
ISBN-13 978-0-928316-25-4 / 9780928316254
Zustand Neuware
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich