Oppad in Suid-Afrika - B.P.J. Erasmus

Oppad in Suid-Afrika

(Autor)

Buch | Softcover
400 Seiten
2014 | 3rd ed
Jonathan Ball Publishers SA (Verlag)
978-1-920289-65-2 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
Suid-Afrika se ontsaglike diversiteit - van Pofadder, eMkhuze en Haenertsburg tot Cookhouse, Klipplaat, Maokeng en Taung -is wat mens besiel om die pad te vat en die land te verken. Hierdie volledig hersiene en bygewerkte uitgawe van Op Pad in Suid-Afrika het 'n vars, kontemporere voorkoms, maar bevat al die kenmerke wat dit so 'n klassieke werk maak. Die vorige twee uitgawes het 'n spesiale plek in die harte van Suid-Afrikaners, en dit is maklik om te sien waarom: geen ander reisgids op die mark bied sulke omvattende en diepgaande inligting oor die dorpies, dorpe en stede van hierdie land nie, en ook nie oor die interessante en insiggewende stories wat hulle vertel nie. Die 37 hoofstukke is in 'n logiese volgorde gerangskik wat by Kaapstad begin en daarvandaan uitkring. Elke hoofstuk handel oor 'n gevestigde en samehangende geografiese of demografiese gebied. Duidelike, gedetailleerde streekkaarte met bygewerkte plekname is ingesluit en word aangevul deur roete-aanwysings in die teks.
Die boek bied iets vir almal - of dit die lieflike groen valleie van die Kaapse hinterland, die uitgestrekte vlaktes van die Karoo, die kulturele en skilderagtige diversiteit van die Tuinroete en Wildekus, die geskiedkundige slagvelde van KwaZulu-Natal, die wildryke Laeveld of die natuurwonders van die Bosveld is wat jou lok. Met die nuut hersiene en bygewerkte teks en meer as 500 foto's bevat Op Pad in Suid-Afrika 'n verstommende rykdom inligting, wat dit die perfekte reisbeplanner en reisgenoot maak.
Verlagsort Johannesburg
Sprache Afrikaans
Maße 210 x 297 mm
Gewicht 500 g
Themenwelt Reiseführer Afrika Südafrika
ISBN-10 1-920289-65-8 / 1920289658
ISBN-13 978-1-920289-65-2 / 9781920289652
Zustand Neuware
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
Reisen mit Insider-Tipps

von Dagmar Schumacher; Markus Schönherr

Buch | Softcover (2023)
MAIRDUMONT (Verlag)
15,95
Kapstadt, Garden Route & Winelands

von Elke Losskarn

Buch | Softcover (2024)
Reise-Know-How Verlag
21,90