Beginsels van Saaklike- en Persoonlike Sekerheidsregte in die Suid-Afrikaanse Reg - J.C. Sonnekus, E.C. Schlemmer

Beginsels van Saaklike- en Persoonlike Sekerheidsregte in die Suid-Afrikaanse Reg

Buch | Softcover
660 Seiten
2019
Juta Legal and Academic Publishers (Verlag)
978-1-4851-3467-1 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Lieferzeit auf Anfrage
  • Artikel merken
In hierdie werk word gekonsentreer op die gemene onderliggende beginsels van enersyds die verskillende vorme van saaklike sekerheidsregte waar telkens sprake is van 'n bepaalde saak as vermoënsobjek waarop die skuldeiser 'n beperkte saaklike sekerheidsreg vestig.
In hierdie werk word gekonsentreer op die gemene onderliggende beginsels van enersyds die verskillende vorme van saaklike sekerheidsregte waar telkens sprake is van 'n bepaalde saak as vermoënsobjek waarop die skuldeiser 'n beperkte saaklike sekerheidsreg vestig en in sommige gevalle, danksy sodanige beperkte saaklike sekerheidsreg oor die aldus geïdentifiseerde saak van die skuldenaar, 'n preferente én versekerde aanspraak op verhaal uit die opbrengs van daardie sekerheidsobjek het ter voldoening van sy uitstaande skuldvordering.

'n Skuldeiser kan andersyds ook met sy skuldenaar ooreenkom om vermoënsobjekte, anders as die objekte van saaklike regte van die skuldenaar, as sekerheidsobjekte te identifiseer.

Die vestiging van 'n saaklike sekerheidsreg verander nie die saldo van boedelbates van die skuldenaar waarteen sy skuldeisers verhaal kan neem nie – dit plaas hoogstens 'n kordon om die verhaalbare waarde van die geïdentifiseerde sekerheidsobjekte ten gunste van die versekerde preferente skuldeiser.

By persoonlike sekerheidsregte word daarteenoor verhaal geneem op bates wat aan 'n ánder regsubjek as die primêre skuldenaar behoort en wat dus nie deel van die saldo van die skuldenaar se bates vorm nie.

Afkortings

Hoofstuk 1: Inleiding en algemene raakpunte

Hoofstuk 2: Pandreg as bedonge sekerheid

Hoofstuk 3: Bedonge verbande

Hoofstuk 4: Notariële verbande

Hoofstuk 5: Besitlose sekerheid – fidusiêre eiendomsoordrag en stilswyende hipoteke

Hoofstuk 6: Landbouverwante besitlose sekerheidsvorme

Hoofstuk 7: Retensieregte

Hoofstuk 8: Vliegtuie en ander lugvaartuie as sekerheidsobjekte

Hoofstuk 9: Persoonlike sekerheid – borgstelling

Hoofstuk 10: Sessie in securitatem debiti

Register van verkort verwysde bronne

Register van gewysde regspraak

Trefwoordregister

Erscheinungsdatum
Verlagsort Kenwyn
Sprache englisch
Maße 148 x 210 mm
Gewicht 500 g
Themenwelt Recht / Steuern EU / Internationales Recht
Recht / Steuern Privatrecht / Bürgerliches Recht Medizinrecht
ISBN-10 1-4851-3467-6 / 1485134676
ISBN-13 978-1-4851-3467-1 / 9781485134671
Zustand Neuware
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich