Die Staat vs. Oscar - Marida Fitzpatrick

Die Staat vs. Oscar

Buch | Softcover
248 Seiten
2014
Jonathan Ball Publishers SA (Verlag)
978-1-86842-641-6 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
Dit het die land geruk, die wereld geboei en sal in die geskiedenis bekendstaan as die opspraakwekkendste hofsaak tot nog toe in Suid-Afrika. Oscar Pistorius se moordverhoor is die storie van die dekade. Dis 'n liefdesverhaal wat 'n misdaadriller geword het, 'n sprokie wat in bloed geeindig het. En dis hoe Marida Fitzpatrick die verhaal vertel. Sy weef die skrikwekkende gebeure van daardie noodlottige nag en die mees dramatiese hoofstukke van die verhoor op so 'n manier ineen dat dit soos 'n spanningsverhaal lees. Tussendeur die boeiende vertelling is uittreksels uit onderhoude wat Fitzpatrick met van die betrokkenes se naastes gevoer het. Saam met al die menslike vertellings verskyn daar ook 'n interessante ontrafeling van die tegniese aspekte van die verhoor: Wat het die ballistiek, die getuienis oor die gille en Oscar se twee verwere uiteindelik vir hom beteken? Dit word alles geillustreer met treffende foto's wat op die toneel geneem is en grafiese voorstellings. Die Staat vs. Oscar is 'n fassinerende storie wat deurentyd aangryp en meesleur.

Marida Fitzpatrick is 'n bekroonde joernalis vir die Afrikaanse dagblad Beeld. Sy het verslag gedoen oor elke wending en verwikkeling in die Oscar-sage - van daardie oggend van 14 Februarie 2013 tot die laaste dag van die verhoor. Sy het in Hof GD gesit en elke traan, frons en snik van die drama eerstehands aanskou. Fitzpatrick het ook twee romans geskryf: Eksklusief uit Eden (2008) en Iemand vir 'n Scoop (2009). Laasgenoemde is vir 'n ATKV-Woordveertjie benoem.

Erscheint lt. Verlag 1.10.2014
Verlagsort Johannesburg
Sprache Afrikaans
Themenwelt Literatur Biografien / Erfahrungsberichte
Recht / Steuern Strafrecht Kriminologie
ISBN-10 1-86842-641-6 / 1868426416
ISBN-13 978-1-86842-641-6 / 9781868426416
Zustand Neuware
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich

von Frank Neubacher

Buch | Softcover (2023)
Nomos (Verlag)
26,90
Grundsätze der Kriminalpraxis

von Horst Clages; Rolf Ackermann; Thomas Gundlach

Buch | Softcover (2022)
Kriminalistik Verlag
40,00
wie wir unsere Mimik und verborgene Körpersignale entschlüsseln

von Dirk Eilert

Buch | Hardcover (2022)
Droemer (Verlag)
20,00