Die lang man sonder skaduwee - Antoinette Pienaar

Die lang man sonder skaduwee

Buch | Softcover
248 Seiten
2018
Umuzi (Verlag)
978-1-4152-0943-1 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel wird von uns nicht verkauft
  • Artikel merken
“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat plase en veeposte en dorpe aan mekaar bind. Dit was ’n raaisel wat hulle vir mekaar gevra het om ’n stram geselskap aan die gang te kry.
“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie
beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat plase en veeposte
en dorpe aan mekaar bind. Dit was ’n raaisel wat hulle vir mekaar gevra het om
’n stram geselskap aan die gang te kry.
Met dié raaisel begin Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres, aktrise en
radiopersoonlikheid, haar nuwe boek ná die verskyning van Kruidjie roer my,
haar boek oor Karookruie wat sy plek as ’n klassieke werk in Afrikaans ingeneem
het. Sy werk reeds vir jare in die Karoo saam met oom Johannes Willemse,
legendariese Griekwa-medisyneman. Oom Johannes leer haar hoe om
Karookruie te gebruik om mense se lywe en siele te genees en van heinde en
ver kom besoekers om hier by hulle gesond te kom raak.
In Die lang man sonder skaduwee sit Antoinette haar roeping as geneser
voort. Vol begrip en deernis word Karookruie ingespan om allerlei kwale te
genees. Maar nou ondersoek sy ook die genesende krag wat in die ou stories,
raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil, want dikwels het ’n fisieke
probleem ’n emosionele oorsprong en is dit stories wat die hart kan genees.
Die langman sonder skaduwee is volksbesit: waardevolle inheemse kennis
liefdevol opgeteken vir lees en herlees.

Antoinette Pienaar is in Carnarvon as een van vyf dogters gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch ’n graad in drama behaal. Daarna het sy ’n loopbaan as sangeres gevolg met landwye optredes waarin sy dikwels historiese heldinne, soos Krotoa van die Kaap, besing het. Die afgelope sewentien jaar is sy vakleerling van oom Johannes Willemse diep in die berge van die Karoo. Oom Johannes Willemse is op die plaas Breekkierie in die Kenhardt-distrik as die oudste van twaalf kinders gebore. Hy het saam met sy broers en hulle pa, ’n stukwerkman, van plaas tot plaas gehelp walle stoot, ploeg, klipkrale bou en putte grawe. In die veld by die skaap het sy oupa Hansie hom die Griekwas se kennis van genesing begin leer. Deur ’n lewe van harde, gesonde arbeid heen het hy talle mense met die kennis van die veld se helingskuns behandel.

Erscheinungsdatum
Sprache Afrikaans
Maße 134 x 210 mm
Themenwelt Sachbuch/Ratgeber Gesundheit / Leben / Psychologie Alternative Heilverfahren
Medizin / Pharmazie Naturheilkunde Phytotherapie
ISBN-10 1-4152-0943-X / 141520943X
ISBN-13 978-1-4152-0943-1 / 9781415209431
Zustand Neuware
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
die Meridiane des Zen-Shiatsu

von Wilfried Rappenecker; Meike Kockrick

Buch | Hardcover (2023)
Urban & Fischer in Elsevier (Verlag)
79,00
Symptome, Diagnose und Therapie

von Bodo Kuklinski

Buch | Hardcover (2024)
Arkana (Verlag)
49,99