Hoeveel tande het ’n engel? - Jan Vermeulen

Hoeveel tande het ’n engel?

(Autor)

Buch | Softcover
200 Seiten
2022
Luca (Verlag)
978-1-77635-149-7 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
“Hulle wil my been afsit, Simphi. Net hierso.” Alex trek sy liniaal oor sy kaal bobeen. “Woep-wap-konynkap, weg is Alex Brown se been én sy beroemde skopvoet.” Die nuus is presies wat die veertienjarige Alex nie wou gehoor het nie: sy beenkanker is te laat ontdek en nou is daar ’n sterk kans dat hulle sy been sal moet afsit.
“Hulle wil my been afsit, Simphi. Net hierso.” Alex trek sy liniaal oor sy kaal bobeen. “Woep-wap-konynkap, weg is Alex Brown se been én sy beroemde skopvoet.”
Die nuus is presies wat die veertienjarige Alex nie wou gehoor het nie: sy beenkanker is te laat ontdek en nou is daar ’n sterk kans dat hulle sy been sal moet afsit. Hy gaan nooit weer rugby of krieket kan speel nie. Vir ’n lang tyd nie skool toe kan gaan nie. Dalk selfs nie eers sy vyftiende verjaarsdag sien nie …
Sy beste vriend, Simphiwe, het nie veel raad nie. Maar toe ontmoet Alex vir Agapé-Ann; ’n pastoor se dogter met dieselfde tipe kanker wat ses maande vroeër haar eie been verloor het. Hy begin saam met haar kerk toe gaan, en stadig maar seker leer hy meer oor geloof en die Here, en dat sy kanker nie ’n straf is nie. En oor engele.
Gaan sy jong geloof die grootste toets ooit kan oorleef?

Jan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibië gebore. In 2015 wen hy die LAPA Jeugromankompetisie met sy boek Asem, wat ook deur die internasionale kinderboekliggaam IBBY as ereboek aangewys word. In 2017 is hy naaswenner van die Sanlamprys vir Jeuglektuur met Soen, en in 2018 wen hy LAPA se jeugromankompetisie die tweede keer in ’n ry met Oopmond. Jan en sy vrou, Diana, woon in die Oos-Kaap.

Erscheinungsdatum
Sprache Afrikaans
Themenwelt Kinder- / Jugendbuch
ISBN-10 1-77635-149-5 / 1776351495
ISBN-13 978-1-77635-149-7 / 9781776351497
Zustand Neuware
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
Oxford Resources for IB DP

von Andrew Allott

Buch | Softcover (2023)
Oxford University Press (Verlag)
38,65